Besoek aan die Tygerbergse VOC-Plase


2010-01-01

Nico Walters het vir ons 'n buitengewone uitstappie gereël na historiese plase in die Tygerberg, waar die eerste groot vryburger-uitbreiding ná die Liesbeeck Vallei was. Dit is 'n saak van besondere historiese betekenis vir die skeepsverversing ten opsigte van graan, vleis en wyn, maar ook vir die bevolking van die platteland, die besetting van grond en die verspreiding van die Kaapse Koina. Daar is veel om te sien, te bespreek en te geniet.

Ons besoek eerste die VOC se moederpos Elsjes Corael, daarna Altydgedacht (De Tygerbergen van Elsje van Surwaerden), daarna Onrust van die berugte landdros Starrenburg, en Pampoenkraal, die uitspanning waarop Durbanville ontwikkel het met die eerste gronduitgif (dorpserf) aan Josephus Jones (spreek dit Jonies uit; sy pa se van was Joni), die jonge Josephus was een van die Kompanjie se beste kartograwe.) Daarna middagete om ongeveer 13:30 op Diemersdal met sy fantastiese ou werf. Dan Hooggelegen waar een van die Tygerberg se seinkanonne staan en kanonnier Gerry de Vries u sal laat hoor, ruik en voel hoe 'n skoot loskruit deur die seinman ervaar is.

Dan gesels oor kannone op Hooggelegen.
Dan gesels oor kannone op Hooggelegen.
Oliver Parker, eienaar van Altydgedacht.
Oliver Parker, eienaar van Altydgedacht.
Kelkie op die Huis van Oranje op Diemersdal.
Kelkie op die Huis van Oranje op Diemersdal.