2021 Algemene Jaarvergadering virtueel aangebied


2021-04-14 | Jaco du Plessis

Die Stigting VOC se algemene jaarvergadering is op 10 April vir die eerste maal virtueel aangebied.

Lede kon die vergadering bywoon deur middel van 'n video-uitsending en ook insae lewer tydens die vergadering. Ses lede het die vergadering só bygewoon. Hierdie beskeie maar positiewe verhoging in bywoning beteken dat daar beplan word om virtuele bywoning ook moontlik te maak by toekomstige vergaderings.

Voorts word daar beplan om praatjies op 'n soortgelyke manier aan te bied sodat beide sprekers en gehoorlede nie uitgesluit word weens geografiese ligging nie. Inligting oor hierdie praatjies en aanbiedings sal aan lede gekommunikeer word.

Hoogtepunte van die vergadering sluit in die jaarverslag van voorsitter Prof Hattingh, asook die verkiesing van twee nuwe komiteelede: Dr Karen Jennings en Alex Giardini.

Lede kan die jaarverslag en notule van die vergadering aanvra deur 'n e-pos te stuur na die sekretaris: [email protected].

Foto: lede van die Bestuur. Van links na regs: Prof Leon Hattingh, Alex Giardini, Dr Dan Sleigh, Rudolf Rode, Calla Wessel en Jaco du Plessis. Afwesig: Piet Westra, Dr Karen Jennings.