2016 Medaljetoekenning


2016-08-01

Vierjaarliks ken Stigting VOC ons Silwer Medalje toe aan ’n persoon wat ’n buitengewone bydrae gelewer het tot die kennis en/of bewaring van VOC-erfenis aan die Kaap. Vanjaar ken ons dit toe aan twee merkwaardige persone, toevallig albei lede van ons Stigting, naamlik me. Marie-Louise Roux, die kampvegter vir kultuur- en natuurbewaring, en dr Hans Fransen, skrywer van verskeie boeke oor aspekte van ou-Kaapse argitektuur.