Naamsverandering van Rockview Dam


2007-2019

Die Stigting het daarin geslaag om die Rockview Dam suid van Grabouw se naam te verander na Dorha Dam. Dorha was die Chainouqua se laaste hoofman, wat deur Simon van der Stel vervolg en uitgeroei is; dit was een van die oorsake van sy afdanking. Die verandering is amptelik en is reeds in die Provinsiale Gazette gepubliseer. Kennisgewingborde is ook by die dam aangebring.

Dit was ’n aangename samekoms met die Chainouqua, en ons sal beslis verder saam werk.