Van Riebeeck-heining


2017-2019

Na meer as ’n dekade van sukkel het Erfenis Wes-Kaap op sy vergadering van 8 Februarie 2019 besluit dat die naam Van Riebeeck-heining nie meer vir die wildeamandellaan in Bishopscourt gebruik sal word nie, dat die laan sy graad twee bewaringsstatus behou en dat ’n nuwe interpretasie daarvoor opgestel sal word. Ons is om voorstelle gevra, en het voorgestel dat dit beskou word as ’n voorbeeld van ’n lewende heining, van ’n onbekende plaas uit ’n onbekende tyd. Sade van die bome is deur die Kaapse Koina geëet.

Meer inligting omtrent die heining en gepaardgaande waninformasie word uiteengesit in dr. Dan Sleigh se artikel op Litnet: https://www.litnet.co.za/politieke-versinsels-rakende-die-amandelheining/