Perdeploeg op Moorreesburg restoureer


2023-08-12 | Stigting VOC

Lid Johann Mostert het laat weet dat 'n perdeploeg gerestoureer is en geplaas is voor die munisipale kantore in Moorreesburg.

Hy skryf op 26 Julie:

"Ja die eerste ploegie wat ons wou opsit - n Engelse Ransomes was nie vir ons mooi en groot genoeg nie.

Toe by n ander boer die een gekry. Probleem is om hom permanent vas te sit dat dit nie gesteel weggedra word nie. Ons het darem nou n oplossing gekry daarvoor."

En op 12 Augustus:

"Ek sluit hiermee die foto's in van die montering van die 2 skaar perde ploegie voor die Moorreesburg Stadsaal.

Soos julle kan sien was die uitdaging om die ploegie so vas te sit dat vandale dit nie kan verwyder nie."