Ontvangs van VOC Kamer Antwerpen gaste


2022-02-07 | Stigting VOC

Die Stigting het op Saterdag 5 Februarie 2022 'n drie-uur lange gesprek gevoer met twee lede van die VOC Kamer Antwerpen. Hulle is by SASNEV in Pinelands ontvang deur Alex Giardini, Dr Dan Sleign en Rudolf Rode.

Ons gaste het hulle groot waardering uitgespreek vir die waardevolle inligting wat Dan Sleigh en Alex Giardini aan hulle kon verstrek ten opsigte van hulle planne om vroeg in 2023 met moontlik so veel as 20 lede die Suidwes-Kaap op die spore van die VOC te besoek.

Op bygaande foto is links Remy Appermont (ondervoorsitter) en Jan Roebben (bestuurslid) asook die watertandlekker geskenke wat Alex voorsien het.