VOC-Seinkanon, Paarlberg


2020-2021

"Ons het toe uiteindelik na 3 jaar by “Heritage Western Cape” toestemming gekry om die kanon na 'n veiliger plek op Paarlrots te verskuif, ongeveer 23 meter suid-wes van waar hy tans lê.

Danksy n beloofde donasie vanaf die Stigting VOC, kon ons die kanon-restourasie inisieer.

Ons beplan om die gerestoureerde Paarlberg kanon op Erfenisdag,24 September 2021 op sy nuwe staanplek en op sy affuit in te wy."

– Louis Louw (Lid van Paarlberg Natuurreservaat Adviesraad)

Die Stigting VOC dra die volgende by tot die instandhouding en verbetering van die VOC seinkanon b-op Paarlberg:

  • Motivering vir restourasie aan Erfenis Wes-Kaap,
  • Kort geskiedenis van seinstelsel in drie tale
  • Ontwerp van affuit uit Argief
  • Donasie van R15 000 van Van Ewijk Stigting bekom